2026 se braaibroodjie-kampioene gesoek

Michaèllè de Villiers en Janine Stander was 2025 se braaibroodjie-koninginne. Foto verskaf

Die vierde braaibroodjie-kompetisie word eersdaags weer op De Rust aangebied.

Verlede jaar het die TFASA-span, Janine Stander en Michaèllè de Villiers, met die gesogte titel weggestap. Hul spannaam was die Disco Toasties, met ’n wenkombinasie van roomkaas gemeng met balsamiese asyn, dun gesnyde soet vye, Camembert kaas (effens gesmelt), gekaramelliseerde uie, spek en Mozzarella kaas, met liefde gepak tussen twee snytjies witbrood.

Vanjaar word die kompetisie op 7 Maart by Hotel De Rust aangebied. As jy wil pronk as die volgende braaibroodjie koninklike, spring gou en skryf jou span in.

Kontak Bernadette by 083 399 8780. Inskrywings kos R1200 vir ’n korporatiewe span, of R350 vir ’n privaat span.

Die eerste wenners wen ’n kontantprys van R5 000. Daar is ook ander lekker pryse op die spel en plekke is beperk. Spring gou om teleurstelling te voorkom. (ANGELIQUE ERASMUS)