10 jaar vir diefstal van derduisende

’N MAN van Dysselsdorp wat derdui­sen­de rande van sy werkgewer op Oudts­hoorn gesteel het, is in die streekhof effektief vir 10 jaar gevangenissstraf opgelê.

Gert Sampson (43) het in ’n pleitverduideliking erken dat hy altesaam R157 000 van sy werkgewer gesteel en vir hom ’n tweedehandse motor gekoop het.

Hy het toegang tot sy werkgewer se huis verkry met ’n sleutel wat hy in ’n buitekamer gekry het.

By twee twee geleenthede het hy die kluis se sleutel in die vrou se handsak gekry en eers R80 000 en die tweede keer R47 000 kontant gesteel.

Die derde keer het hy R30 000 in ’n plastieksak in die hoofslaapkamer gevind.

Streeklanddros Sylvia Mandla het vir vonnis in ag geneem dat Sampson ’n eerste oortreder is en skuldig gepleit het.

Hy is op elk van die drie aanklagte tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis waarvan vyf jaar voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is. (Deur Garnett Wicomb)