Nederlandse orrelis hier op 21 Oktober

Die bekende Nederlandse joernalis Martin Mans wat Oudtshoorn eersdaags besoek.  Foto verskaf

Die bekende Nederlandse joernalis Martin Mans wat Oudtshoorn eersdaags besoek. Foto verskaf

DIE bekende Nederlandse orrelis Martin Mans besoek Oudtshoorn op Saterdag 21 Oktober met ’n program wat verskeie gewilde orrelwerke insluit.

Mans toer tans deur Suid-Afrika vir die bekendstelling van sy nuutste CD, Plea for Africa.
Sy uitvoering, Martin Mans: 40 jaar orrelis, vind Saterdag, 21 Oktober, om 18:00 in die NGK Park op Oudtshoorn plaas.

Kaartjies kos R100 en is beskikbaar by Kunste Onbeperk (Die Neelsie, Jan van Riebeeckweg 217) of by die deur.

Werke wat hy self gekomponeer het, sal ook die aand gehoor kan word.
Sy program sluit onder meer werke in van Bach en bekende melodieë soos Amazing Grace en Op berge en in dale.

Mans het op die ouderdom van sewe begin orrel speel en op 14 reeds verskeie jeugkompetisies gewen.
Hy is veral bekend vir sy eie improvisasies en was al betrokke by meer as 400 CD-opnames. Hy is ook die begeleier van verskeie kore en ensembles.

Mans tree jaarliks in ongeveer 175 konserte wêreldwyd op.
• Vir meer inligting, kontak 044 203 8600 of stuur ’n e-pos na info@kunste.org.za.