Sestienjarige vier keer gevang in twee maande

’N 16-Jarige tiener van Oudtshoorn is Dinsdagmiddag in hegtenis geneem nadat hy na bewering ’n donkerbril in die Queen’s Mall Apteek op Oudts­hoorn gesteel het. Hy het Woensdag, 30 November, in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn.

Die voorval het om 15:55 plaasge-vind. Die Polisie ondersoek ’n saak van winkeldiefstal.

Kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het bevestig dat die tiener al verskeie kere in die hof vir soortgelyke misdade verskyn het.

Vier van die sake is sedert Oktober aangemeld. Al dié sake is nog nie in die hof afgehandel nie.

  • In nog ’n voorval Dinsdagmiddag is ’n vrou naby die Queen’s Mall van ’n volstruisleerbeursie met bankkaarte beroof terwyl vier kinders haar besig gehou het.

Die Hoorn het die afgelope weke verskeie klagtes van inwoners ontvang oor kinders op straat wat inwoners en besoekers lastig val en intimideer.

 

(Deur Liesel le Roux)