Polisie werf tans reserviste

Liesel le Roux, redakteur

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) werf  tans reserviste; die eerste keer in ’n hele paar jaar.

So lui ’n verklaring wat Maandag deur kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, namens die stasiebevelvoerder van Oudts­hoorn uitgereik is.

“Daar is die afgelope paar jaar as gevolg van verskeie faktore nie reserviste gewerf nie. Hieronder is die hersiening van die vereistes vir aansluiting as ’n reservis. Daar is dus nou nuwe kriteria waaraan persone sal moet voldoen om as ’n polisiereservis aan te kan sluit.”

Volgens Visser speel reserviste ’n belangrike rol in die polisiediens en verrig van hulle spesialistake.

Enige Suid-Afrikaanse burger tussen die ouderdomme van 20 en 50 jaar oud, sonder ’n kriminele rekord, kan aansoek doen.

Die volledige vereistes asook ’n lys van persone wat nie as ’n reservis mag aansluit nie, én die aansoekvorms, is by enige polisiekantoor se Menslike Hulpbronkantoor beskikbaar.

Indien belangstellendes dit per e-pos wil ontvang, stuur ’n e-pos na oudtshoorncomm@saps. gov.za. Die vorms is ook by http://www. saps.gov.za/careers/careers.php beskikbaar.