Keer so kaping en motordiefstal

Die Voertuigdiefstaleenheid van die SAPD op Oudtshoorn het vandeesweek ’n waarskuwing aan inwoners en besoekers aan Oudtshoorn uitgereik ten opsigte van die kaping en diefstal van voertuie.

Die waarskuwing het veral betrekking op die vakansietyd. In die verklaring word mense gewaarsku om oplettend te wees.  

Algemene wenke wat gevolg kan word om te help met die voorkoming van kaping en voertuig­diefstal is die volgende:

  • Moet nooit rylopers oplaai nie.
  • Moenie sommer enige persoon vertrou nie.
  • Parkeer in verligte gebiede.
  • Maak seker die voertuig se vensters is toe en dit is gesluit terwyl jy bestuur.
  • Installeer ’n opsporingsapparaat (tracking device).
  • Rathefboomslotte is relatief goedkoop en baie effektief om voertuie te beveilig.
  • Kontak die Polisie onmiddellik as jou voertuig gesteel of gekaap word.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is die Polisie bewus van ’n verdagte voertuig wat in die nag op Oudtshoorn opgemerk is.

• Die Oudtshoorn Voertuigdiefstaleenheid se kontaknommers tydens kantoorure is 044 203 9181 en na-ure 082 522 2780.