Polisie vra hulp om man te vind

DIE polisie vra hulp om ’n man op te spoor in verband met ’n saak van seksuele aanranding.

Ao Franco Bestbier is op soek na Mark Jacobs, voorheen woonagtig te Momentweg 538, Dysselsdorp. Enigiemand met inligting kan ao Bestbier kontak by 044 203 7518 of 044 203 7508. Daar is reeds ’n lasbrief uitgereik vir Jacobs. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.