Clicks sluit deure

Die EFF se Oudtshoorn-tak het Woensdagoggend (9 September) voor die deure van Clicks op Oudtshoorn, in Hoogstraat, bymekaargekom en gesê dat hulle die res van die week sal seker maak dat die winkel nie sy deure kan oopmaak nie. Die Clicks-winkelgroep het reeds vroeër bekend gemaak dat alle Clicks-winkels landwyd Woensdag gesluit sal wees. Dit hou verband met nasionale optredes deur die EFF vandeesweek teen Clicks-winkels as gevolg van ’n advertensie wat die EFF as rassisties bestempel. Volgens Diswayne Maarman (links), EFF-raadslid op Oudtshoorn, sal hulle vreedsaam voor die winkel betoog, en nie die uitreiking van chroniese medikasie belemmer as die winkel sou oopmaak nie. Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, was die polisie reeds vroeër die oggend daar om ’n interdik met beide die Clicks-personeel en die betogers te bespreek. Hy het gesê dat, indien die betogers met die publiek of Clicks-personeellede inmeng, daar teen hulle opgetree sal word. Foto: Stefan Skapie Goosen