Deur Ilze-Mari Gründling
DAAR is op Sondag (15 Oktober 2017) tussen 09:00 en 10:15 by ’n woning in Riempie Village ingebreek en die Oudtshoorn Polisie vra die publiek om op die uitkyk te wees vir die gesteelde goedere.
Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is juwele, ’n selfoon en tablet gesteel, onder andere ’n UK Samsung J5 (wit) en UK iPad 2 (16 GB, wit met grys omslag).
Enige persoon met inligting kan kapt Deon Bouwer by 082 302 4395 skakel. Inligting word vertroulik hanteer.