DIE Bridgton Mall is klaarblyklik uiteindelik besig om te realiseer.
Volgens Aurelia Olipohant, woordvoerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, is die winkelsentrum goedgekeur, en sal inligting binnekort bekend gemaak word. Die ontwikkeling, waaroor al jare gepraat word, is sover bekend geoormerk vir die oop stuk grond tussen Springbok- en Koedoeweg.