Polisie soek reserviste

Wil jy graag die polisie help om misdaad te bekamp? Sluit dan aan as ’n reservis.

Die Oudtshoorn Polisie is tans besig met ’n werwingsproses vir nuwe reserviste, wat hand-aan-hand met operasionele lede sal werk.
Suksesvolle kandidate sal opleiding ontvang.

Suid-Afrikaanse burgers tussen die ouderdom van 25 en 40 wat geestelik en fisiek gesond is, kan aansoek doen. ’n Matrieksertifikaat is ’n vereiste en die persoon moet voltyds werk. Dit is ’n vrywillige diens.

Aansoekvorms is verkrygbaar by Grieta Nel, kamer 103, 1ste vloer, by die Oudtshoorn-polisiekantoor in Baron van Reedestraat.

Vir meer inligting, skakel 044 203 9043. (Deur Angelique Erasmus)