BERGSIG PRIMÊR op Oudtshoorn het sy nuwe prinsipaal, Daclon Aries, verlede Vrydagaand tydens ’n spoggeleentheid by die skool verwelkom.
Aries is ’n boorling van Matjiesrivier en het sy onderwysloopbaan by Saturnus Primêr begin waar hy vir 20 jaar onderrig het. Daarna was hy vir nege jaar ’n interne wiskunde-vakadviseur en vanaf Julie 2017 tot Desember verlede jaar prinsipaal van Kretzenhoop Primêr op Blanco.
Hy volg Willie Freeks op as hoof van Bergsig.