Deur Ilze-Mari Gründling
DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek ’n saak van dronkbestuur nadat ’n bakkie Dinsdagaand om 18:40 op die pad tussen Oudtshoorn en Dysselsdorp by padverbouings agterin ’n wit Mazda vasgery het.
Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die Mazda na bewering by die padverbouings gestaan toe die Ford-bakkie agter in hom vasry. Niemand is beseer nie.
Volgens ’n ooggetuie was die nood- en verkeersdienste vinnig op die toneel.