Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen die man wat daarvan aangekla word dat hy Kersfeesaand verlede jaar ’n jongman buite ’n nagklub doodgesteek het, is gister weer in die Oudtshoorn Streekhof uitgestel omdat sy regsverteenwoordiger nog nie die dossierafskrifte van die staat ontvang het nie.
Alfonso Malgas (23) wat tereg staan op ’n klagte van moord na die dood van die 19-jarige Adrian Oliphant, het met sy borgaansoek aangedui dat hy onskuldig sal pleit. Hy is borgtog van R500 toegestaan, maar dit is onlangs verbeurd verklaar nadat hy van sy borgvoorwaardes verbreek het.
Streeklanddros Daniel Boks het op versoek van adv Benito Metembo die saak gister tot 25 Julie uitgestel.
Die saak dien voor streeklanddros Mark van Wyngaardt wat steeds met siekteverlof is.