Van die drank waarop beslag gelê is. Foto verskaf
’N 59-JARIGE vrou van Vierdelaan in Zoar is verlede Vrydag (29 September) om 20:00 in hegtenis geneem vir handel in drank sonder ’n lisensie.
Volgens ao Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith Polisie, is op 187 liter drank beslag gelê.
Die vrou moet op 3 November in die Ladismith Landdroshof verskyn.
Sy is op waarskuwing vrygelaat, en die keuse gegee om ’n boete van R2 500 voor die hofdatum te betaal.