Fietsryers dreun mekaar op

Die voorlopers in Sondag se Timbercity Fietstoer met die Swartberge op die agtergrond.  Foto: East Cape Road Cycling Facebookblad

Die voorlopers in Sondag se Timbercity Fietstoer met die Swartberge op die agtergrond. Foto: East Cape Road Cycling Facebookblad

LOUIS VISSER, ’n oud-leerder van Langenhoven Gimnasium wat deesdae internasionaal in fietsry meeding, was Sondag die manswenner van die 104 km-afdeling van die Timbercity Fietstoer.

Sy tyd was 02:55:16. Marshall Hendricks, ook van Oudtshoorn, was die naaswenner in 02:56:41.
Anriëtte Schoeman, wat Suid-Afrika al vier keer by die Wêreld Padfietskampioenskap verteen- woordig het, was die vrouewenner oor 104 km. Haar tyd was 02:58:06. Schoeman het die pad- fietsren, wat voorheen as die Pennypinchers Fiets-toer bekend gestaan het, al sewe keer wat dit al plaasgevind het, gewen.

Schoeman moes Sondag uithaal en wys om te wen. Sy het slegs ’n sekonde voor Yolande de Villiers van Oudtshoorn, wat die vorige dag die Ladismith Kaas 7Weekspoort Berg-fietsren gewen het, oor die wenstreep gejaag. Fienie Barnard, ook van Oudtshoorn, was Sondag derde in 03:05:58.

Die Timbercity Fietstoer, wat as kwalifiserende ren vir die Cape Town Cycle Tour dien, het in Baron van Reedestraat voor Brian’s Grill op ­Oudtshoorn begin vanwaar die roete die pad na die Kango Grotte en die Swartbergpas gevolg het ­voordat dit weer op Oudtshoorn geëindig het. Benewens die 104 km-wedren wat die kwalifiserende afstand is, kon deelnemers ook oor 57km en 30km meeding.

Volgens Corné Bence, president van Eden-fiets­ry en voorsitter van Wes-Kaap-fietsry, is daar min padfietsrenne in die Suid-Kaap en hy was derhalwe baie tevrede met die digby 350 fietsryers wat vir die fiets­wedren ingeskryf het.

Louis Visser en Anriëtte Schoeman, onder-skeidelik die mans- en vroue-wenner. Foto: East Cape Road Cycling Facebookblad

Louis Visser en Anriëtte Schoeman, onder-skeidelik die mans- en vroue-wenner.
Foto: East Cape Road Cycling Facebookblad

Yolande de Villiers, die naasvrouewenner.

Yolande de Villiers, die naasvrouewenner.

Marshall Hendricks, die naasmanswenner.

Marshall Hendricks, die naasmanswenner.

Die wegspring in Baron van Reedestraat op Oudtshoorn.           Foto: Higgo Jacobs

Die wegspring in Baron van Reedestraat op Oudtshoorn. Foto: Higgo Jacobs

André van Greunen van Timbercity gesels Sondagoggend voor Brian’s Grill met die media.          Foto: Higgo Jacobs

André van Greunen van Timbercity gesels Sondagoggend voor Brian’s Grill met die media. Foto: Higgo Jacobs