Moord op Ladismith ondersoek

DIE Ladismith Polisie ondersoek ’n klagte van moord na die dood van Frans Snyman (65) van Sakkiesbaai Saterdag. Snyman is in die vroeë oggendure met ’n mes gesteek was.

Volgens kapt Malcolm Pojie, ­woordvoerder van die Suid-Kaap Po­lisie, is ’n 26-jarige man in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Hy het gister in die Ladismith Landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die saak is uitgestel na 28 Mei. Hy bly in aanhouding.

In ’n ander voorval het die Ladismith Polisie ’n geregtelike doodsondersoek-dossier geopen nadat die liggaam van die 45-jarige

Elmaure Stevens verlede Donderdag in haar woning in Craffortstraat aangetref is.

Volgens Pojie is sy op haar bed aangetref en word geen gemene spel vermoed nie.