DIE voertuigmisdaad-ondersoekeenheid het inwoners van die Groter Oudtshoorn gemaan om nie deurnag hul motors op sypaadjies te parkeer nie omdat dit ’n geleentheid bied vir diewe om in die voertuie in te breek of dit te steel.
“Voertuigeienaars moet besef hul voertuie kan gesteel word as gevolg van hierdie nalatigheid en dat eise as gevolg daarvan nie deur versekeringsmaatskappye uitbetaal sal word nie,” sê kapt MS Harris, bevelvoerder van die ondersoekeenheid.