Slypskole vir kinders deel van KKNK

LEERDERS van graad 1 tot graad 12 het Saterdag (22 Februarie 2020) die geleentheid om deel te neem aan dramawerkswinkels wat deur die KKNK op Oudtshoorn aangebied word.

Dié gratis, genotvolle sessies word deur Daniélle Lategan vir die Klein Karoo Kunste-akademie aangebied.

Ouers word genooi om hul kinders in te skryf vir ’n oggend van prettige drama-aktiwiteite waar die akteur of aktrise binne die leerders met die hulp van speletjies en aktiwiteite wakker gemaak sal word.

Dié klasse sal ook bydra tot die ontwikkeling van selfvertroue en die vermoë om sy of haar sê te kan sê!

Die werkswinkels word in die Toekomsrussaal op die hoek van Arnold de Jagerlaan en Zebrastraat aangebied – vanaf 08:30 tot 10:00 vir graad 1- tot 3-leerders, vanaf 10:30 tot 12:00 vir graad 4- tot 7-leerders, en vanaf 12:30 tot 14:00 vir graad 8- tot 12-leerders.

RSVP by Shandré Harris (tel 044 203 8600 of e-pos shandre@kunste.org.za, of gesels met Daniélle (072 383 9029) vir meer inligting oor die klasse.