DIE Oudtshoorn-raad sal in die komende week aandag skenk aan die munisipale regulasies (bylaws) oor drankverkope op Sondae nadat verwarring in die wetgewing na vore gekom het.
Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit sê die regulasies dui aan dat alkohol wel op Sondae verkoop kan word, maar ’n skedule onder Artikel 33(c) in die regulasies verbied Sondagverkope. “Die verwarring moet deur die raad reggestel word en die item sal die komende week voor die raad dien.”
Die raad het intussen verlede Vrydag besluit om ’n vergunning vir Sondagverkope toe te staan totdat die verwarring rondom die betrokke regulasie opgelos is.
Vergunning vir drankverkope
