Maak só met misdaad in Oudtshoorn-middedorp

MOENIE waardevolle items by oop vensters los nie. Sluit inkopies in jou voertuig se bagasiebak toe. Maak seker jou voertuig is gesluit voordat jy wegloop.

Dit is die les wat Oudtshoorniete in die middedorp-gedeeltes van Oudts­hoorn sal moet leer met diefstal, huisbrake en diefstal uit voertuie wat kommerwekkend is.

Kapt Wynand du Plessis, sektorbevelvoerder Oudtshoorn (dorp), het die volgende inligting oor die grootste misdaadpunte tussen 20 September en 17 Oktober gedeel: Hoogstraat (21 sake aangemeld), Voortrekkerweg (12 sake), Kerkstraat (10 sake), Baron van Reedestraat (9 sake), St Georgesstraat (7 sake) en St Johnstraat (5 sake).