Deur Garnett Wicomb
DRIE opgeskorte vonnisse van ’n vrou van Oudtshoorn wat haar net nie kan weerhou van huisbraak en diefstal nie, is Maandag in die Oudtshoorn Landdroshof in werking gestel.
Petronella Nimmerhoudt (33), ’n ma van drie kinders, is sedert 2016 by drie geleenthede vonnisse van onderskeidelik 12 maande gevangenisstraf ingevolge Artikel 276 (1) (i), 15 en weer 12 maande tronkstraf opgelê vir huisbraak met die opset om te steel en diefstal wat in geheel opgeskort is.
Landdros René Gerber het op versoek van die staat die vonnisse in werking gestel en aan Nimmerhoudt gesê dat almal vir haar tot dusver omgegee het behalwe sy self.
Sy moes geweet het dat dit nie so kan aangaan nie, het die landdros bygevoeg.