Deur Ilze-Mari Gründling
DIE 37-jarige ma van Bridgton wat van die moord van haar 16-jarige seun aangekla word, verskyn weer môre, 17 November, in die Oudtshoorn Landdroshof.
Ellen Mentoor word daarvan aangekla dat sy Clinton Mentoor op 9 September na ’n beweerde stryery met ’n mes in die nek gesteek het. Hy is op die toneel dood.
Mentoor is R500-borgtog met streng voorwaardes toegestaan om haar seun se begrafnis te kon bywoon.