Liggaam in boom gevind

’N 21-jarige man is Son­dag in Schoemans­hoek deur die polisie aangetref waar hy in ’n boom aan ’n tou gehang het.

Volgens sers Gret­chen Michaels, woordvoerder van die Oudts­hoorn Polisie, het die polisie ene H Botha gesoek vir ’n beweerde aanrandingsvoorval, maar was hy nie tuis nie. “Hulle het hom toe aangetref waar hy in die boom hang,” sê Michaels.