’N MERCEDES BENZ wat gister in Montagu gesteel is, is gisteraand op Oudtshoorn gevind. Die persone wat vir die diefstal verantwoordelik was, was teen druktyd van Die Hoorn nog soek.
Die silwer Mercedes Benz met die registrasienommer CBR 144 is in die omgewing van Watson en Brink Apteek in die middedorp gevind. Die motordiewe is vermoedelik ’n wit man wat vergesel word deur ’n swanger vrou.
Volgens ’n boodskap wat gisteraand na verskeie WhatsApp-groepe van woonbuurte op Oudtshoorn gestuur is vir die aandag van gastehuiseienaars en verblyfverskaffers, kan die man hom voordoen as Dawie Fourie.