Hendronnique Lekas met haar wennerstrofee saam met Johnny Baartman en Phillip Seroux van die OCJF. Foto: Garnett Wicomb
Deur Garnett Wicomb
DIE eerste Gospelkompetisie van die Oudtshoorn Christelike Jeugforum (OCJF) was so ’n reuse-sukses dat dit in ’n jaarlikse instelling en na ander dorpe in die Suid-Kaap uitgebrei gaan word sê Philip Seroux, projekbestuurder van die forum.
Volgens Seroux het die kompetisie bewys hoeveel talent daar in Oudtshoorn en omgewing is wat net ontgin moet word en was dit teen die einde nie ’n maklike taak om wenners aan te wys nie.
Daar moes uiteindelik wenners uit 24 finaliste na 12 oudisies sedert Mei vanjaar gekies word.
Hendronnique Lekas van Oudtshoorn was die wenner van die solo-afdeling terwyl die Rising Stars Gospelgroep die groepkompetisie gewen het met Oudtshoorn Korrektiewe Dienste as naaswenners. Monicue Jonkers was die naaswenner in die solo-afdeling.