Deur Ilze-Mari Gründling
DIE 37-jarige man wat daarvan aangekla word dat hy met opset op 5 Januarie omstreeks 21:05 oor Ricardo Fourie (43) gery het, sal weer op Maandag 26 Februarie in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn op aanklag van moord.
John Donson is op 7 Januarie in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord. Op 22 Januarie is borgtog van R500 aan hom toegestaan. Die klag het egter intussen na Fourie se dood verander na moord.
Fourie het op 9 Januarie aan veelvuldige beserings in die Groote Schuur Hospitaal in Kaapstad gesterf.