Talle Bokke by Manneaand

Kom kuier saam by dié fondsinsamelingsete

TALLE oud-Springbokrugbyspelers sal ’n Manneaand op 15 Maart op Oudtshoorn bywoon.

Ashwin Willemse, Breyton Paul­se, Dale Sandton, oud-Bokafrigter Ian McIntosh asook die krieketkommentator Jeremy Fredericks sal dit bywoon.

Die Manneaand word gereël deur die Eljada-Kairos Skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes. Dit vind om 9:00 in die Banketsaal plaas. Die funksie sluit ’n ete, ge­lukkige trekking en die veiling van memorabilia in.

Die bekende sportlui sal op 17 Maart aan die skool se jaarlikse gholfdag deelneem. Die doel van die funksie is om fondse in te samel vir Eljada-Kairos se sportfonds vir ge­stremdes.

Die koste van die aand beloop R300 per persoon of R3 000 per tafel vir 10 persone. ’n Kontant­kroeg sal ook beskikbaar wees.

Vir inligting en kaartjies kan Hennie Baartman (0825104211), Hannacke Fourie (0842510179) of die kantoor by 044 203 7600 geskakel word.