HY was ’n ikoon in die taxibedryf.
’n Legende.
’n Koelteboom.
So het mense verlede week op Die Hoorn se Facebook-bladsy gereageer oor die skielike dood van Abe Gysman (66) van Gysman Vervoer op Oudtshoorn.
Gysman is op Woensdag, 1 Julie 2020, na ’n hartaanval oorlede.
Hy het sy taxi-vervoerbesigheid opgebou tot een wat sinoniem geraak het met Oudtshoorn en daaglikse vervoer via die R62 Kaapstad toe en terug.
Sy wysheid en vriendelikheid was bekend op die dorp, soos blyk uit die talle huldeblyke van mense aan hom sedert verlede week.
So het van Oudtshoorn se mense oor hom op Facebook geskryf:
• Ndumisa Jaxa: Rest in peace, Oom Abbey… We will really miss your friendly attitude towards all the people of South Africa.
• Wessel Vermeulen: Wat ’ n ikoon in die taxi-bedryf – harde,, eerlike werker opregte vriend – simpatie aan familie.
• Marianne Spies: Mnr Abe Gysman, dankie vir al die Principiane wat jy so veilig oral rondgery het. Sterkte aan die familie – ek is seker jy gaan baie gemis word.
• Jaco Vorster: Oom Abe was een van my gunsteling-Oudtshoorniete. Ek gaan Oom se geselsies en inspirasies mis.
• Maria Jonas: Aby sal altyd onthou word. Hy het my kinders veilig gery Oudtshoorn/Kaapstad en terug tydens hulle studiejare. Ek is bly dat ek vir hom kon dankie sê tydens sy lewensjare, vir sy aandeel in hulle sukses. Rus sag by jou Meester op wie jy altyd vertrou het.
• Theresa Scharneck: ’n Baie goeie mens. RIP uncle Ab.
Gysman word oorleef deur sy vrou Rosie, en vier kinders, David, Dewald en Adrian Gysman en Bianca Kiewiets. (Deur Liesel le Roux)