■ Die persoon wat die boodskap geplaas het oor mense wat kla oor die toestand van die sypaadjie voor hulle huise kla seker nie oor papiere nie, maar die sypaadjie self. Hier waar ek bly het ek al hoe-veel keer vir die munisipaleteit ’n e-pos gestuur oor die sypaadjie wat hulle opgekap het om pype of kabels te lê. Na amper 3 jaar is daar steeds niks gedoen nie.
■ Wat gaan nou alweer aan met die krag? Dis nie eens beurtkrag nie, maar dit gaan af op die tye wat jy dit die minste verwag! Die klein besighede moet weereens aan die kortste ent trek!
■ Ons krag is vanaf 15:45 tot 17:30 af en toe aan tot Eskom dit 18:00 op beurtkrag sit dus nou 20:15 en die straatligte brand in sekere dele maar die huise se krag is dood!
■ Hoekom is die regstelsel so korrup? Hulle beskerm altyd moordenaars, verkragters, maar die slagoffers of naasbestaandes word altyd afgedruk. Nee o jinne, in ander lande sou die ding nie eens die lig gesien het nie. Ek wens Oudtshoorn se regstelsel wil verander teenoor al die misdaad wat hier heers.
■ Die glipse raak nou erg. Hoe lyk dit vir my die staat trap klei.
■ Die duiwe in Kerkstraat is besig om ’n probleem te word in my erf. Hulle bemors alles op my mure en plaveisel. Ek is al raadop en het alles wat menslik is probeer om van hulle ontslae te raak. Het enige iemand raad wat ek kan nog kan gebruik of probeer? Is daar iemand wat hulle vir my kan help verwyder?
■ Hoe kan sommige mense hulle vullis rondstrooi in vlaktes wat nie ver is van ander se huise nie. Die munisipaliteit doen niks daaromtrent nie. Hou dit nie ’n gesondheidsrisiko vir mense in nie, of selfs vir kinders wat op die vullishope speel?
■ Lyk my ons moet aanvaar ons woon saam met morsjorse op Oudtshoorn. Nee, Oudtshoorn!
■ Wie jaag hulle voertuie so verskriklik 02:00 in die oggendure deur ons buurt se strate?! Hoekom doen die polisie of verkeer niks hieromtrent nie?
WhatsApp’s van lesers: 20 Julie 2023
