
Foto’s van die Week
Hierdie mooi tonele is geneem op die Oude Muragie grondpad waar die Raubenheimerdam geleë is, duskant De Rust. Die majestueuse Swartberge en die ongerepte natuur is ’n lus vir die oog van enige natuurliefhebber en bied ’n vinnige wegbreek vir dié wat net wil asem skep na ’n harde week op kantoor. Let op die sneeu wat hier en daar op die bergpieke nog te sien is.
Foto’s: Maureen Visser
