Daisy Business Solutions skenk warm komberse, baadjies en klere
Die besigheid Daisy Business Solutions, Gielie Marais (Links) die Oudtshoorn takbestuurder, en sy bekwame span het komberse, baadjies en warm klere ingesamel. Dit is Dinsdagoggend by Itemba House, ’n huis vir hawelose persone, op die hoek van Bloem- en Jubileestraat af- gelaai. Inwoners was baie opgewonde oor die skenking en het sommer vinnig in die houer gekyk na die lekker warm items. Die projek het deel gevorm van die 67-minute vir Madiba inisiatief wat Dinsdag regoor Suid-Afrika plaasgevind het. Foto: Angelique Erasmus