Terugvoer vanaf ons lesers: 9 Februarie 2023

Hierdie besonderse plant is afgeneem in die Robinsonpas deur Johan de Jager. Die Hoorn sal graag meer wil weet oor hierdie pragtige plant. Stuur asb enige inligting na redaksie@hoorn.co.za. Foto: Johan de Jager

■ Zelona Fourie van Oudtshoorn het aan Die Hoorn die volgende inligting gestuur nadat daar in verlede week se koerant ’n pragtige foto van ’n onbekende plant gepubliseer is.
Volgens Fourie is dit ’n Strawberry Everlasting plant.

Hierdie pragtige plant het ’n prominente rooi en oranje blom wat soos ’n bak vol aarbeie lyk bo op die stam. Die kleur is minder aantreklik wanneer dit in die tuin groei, as wat dit in die natuur groei.
Die plant trek veral vlinders, en kan ook vir medisinale doeleindes gebruik word. Dit kom ook slegs in die Wes- en Oos-kaap voor.