Sms’e van lesers

Dit is soos dit by my by die rivier in Van der Rietstraat lyk van die bos­­­­­­­slapers en dan is my waterpomp ook nog gesteel. Wie kontak mens oor dit? Christian Franken

Indien dit waar is dat verbruikers hoër aange­slaan gaan word indien hul meer as 12 kiloliter water per maand gebruik, sal die waterverbruik klokslag elke 30/31 dae gelees moet word. Moontlik? Petro Heyns

■ Die probleem met sosiale media is elkeen wil sy stukkie informasie plaas en op die end veroorsaak ons ’n Babelse verwarring en saai onnodig paniek.

■ Ek wil graag vir Freddy en sy personeel baie dankie sê vir hul harde werk verlede week met die waterprobleem in De Rust. Van iemand wat ander se moeite waardeer.