Sypaadjiemense: Hier is ’n oplossing. Elke raadslid moet maandeliks 10% van sy/haar aansienlike salaris in ’n fonds stort wat genoeg sal wees om behoorlik om te sien na al die sypaadjiemense. Nic Barrow
*****
As ek vanaand, 25 Februarie, luister na die geraas met harde musiek van die SANW teen Oudtshoorn se twee hospitale, kan ek nie anders as om te dink dat met so ’n weermag ons nie vyande nodig het nie.
*****
Die boemelaars in Vredestraat raak ’n probleem… Doen iets!
*****
Die woonstel-inwoners van Bellinganhof wil graag vir mnr Johan Nel bedank vir die uie wat hy aan ons geskenk het. Wees versker dat ons dit opreg waardeer.
*****
Lyk my daar is baie mense in hierdie dorp wat niks het om te doen nie! Ek het ’n besigheid om te bedryf, so asseblief moet dit nie by my kom sit en doen nie, daarvoor is daar koffiewinkels en ’n biblioteek!
*****
Dit is verblydend om te sien dat daar begin is met aksie om die oorgroeide bome en verwaarlosing van ’n klipmuur in Jan van Riebeeckweg aan te spreek. Dit is al vir maande ’n steen des aanstoots in ’n omgewing waar baie toeriste en plaaslike inwoners elke dag daarmee gekonfronteer word. Hoop hierdie is die begin van hernuwing van ons dorp se beeld na buite. Dankie, mnr Kersop van die DA! Alet Coetzee
*****
Ek het nie geweet dat jy in ’n dorp, waar 60 die limiet is, nou 120 kan ry nie. Dit is darem ’n skande hoe daar in Parkweg gejaag word. Hulle moet nou maar die Ovaalbaan na Parkweg toe skuif, want dit is nou ’n resiesbaan. Waar is die spoedborde?
*****
The main vice of capitalism is the uneven distribution of prosperity. The main vice of socialism is the even distribution of misery. – Winston Churchill
*****
Die veld brand nou al van Sondag af en brand nou in die suiddelike gedeelte van die berg en naby Volmoed. Hoeveel skilpaaie, hase en ander diere word pynlik in hierdie vlammehel van drie dae doodgebrand? Ons sien en lees dit, maar hoor nie wie/wat verantwoordelik was nie.
*****
Met ’n dankbare hart wil ek vir dokter Harmse by Buitepasiënte bedank. U het nie ontsien om die vorm vir my in te vul nie. Mag u gesindheid en u vriendelikheid u hoogtes bepaal. Anna Stefaans van Volmoed
*****
Oudtshoorn-inwoners is self te blameer vir omgewingsbesoedeling. Vullissakke word enige dag uitgesit op sypaadjies, terwyl mense weet dat dit net uitgesit moet word op vullisverwyderingsdae. Intussen word die sakke geskeur deur sakkrappers, honde en katte. Die vullisverwyderaars tel dit nie op nie. Bome word gesnoei, tuinvullis word net ge-“dump” – terwyl takke en tuinvullis nie verwyder word deur munisipaliteit nie. Die eienaar of huuder moet dit self doen. Dit lyk vir my asof niemand omgee nie. Dit is hoekom Oudtshoorn altyd vuil sal bly terwyl almal wat hier bly, moet saamstaan vir ’n skoon omgewing. Skande.