Sms’e van lesers

■ Kabelo Motubatse, ’n matriekleerder van Hoër­skool Oudtshoorn en inwoner van Pinehurst-meisieskoshuis, in haar elegante ma­triek­afskeid­rok wat sy gekies het en wat die diversiteit van haar omgewing stylvol weerspieël. Sy is ’n talentvolle slimkop wat in 2019 medies aan die Universiteit van Stellenbosch gaan studeer.

■ Dankie, Theo Peet, vir jou pragtige kommentaar in verlede week se uitgawse van Die Hoorn oor die ongeluk van die polisiebeamptes met die vang-wa. Ek is seker dit het baie vir dié twee beamptes en al die ander polisiemanne en -vroue beteken. Hulle loop so baie deur onder negatiewe uitsprake en veroorde­lings en is daar veral in Oudtshoorn maar min ondersteunende en positiewe kommentaar. Wanneer betoog en kom die gemeenskap bie-tjie in opstand oor hul swak salarisse en behan- deling deur die gemeenskap wat bydra tot hul lae moraal?

■ Dankie aan al die besigheidsmense wat toesien dat dit skoon is voor hul besighede. Daar is egter uitsonderings. Ons weet dit is kliënte wat so mors (sies vir julle), maar om op ’n Maandagoggend op ’n vuil, onwelriekende sypaadjie met rommel en sigaretstompies te moet loop, is onaanvaarbaar.

■ Stinkfontein vanoggend nog walgliker. Behalwe vrot stinkende water hoop die rommel ook op. Moet die publiek van Oudtshoorn ook nou oorgaan tot straatblokkades en bande brand?

■ The morning after!

■ Tuine Oudtshoorn Aftreeoord, Die Hoorn, 11 Oktober. Pragtige vetplante en vygies. Wonderlik dat bestuur die inwoners hulp, kompos en hout­skerwe gratis aanbied. Geluk met die tuine. Hoop ander oorde steek ook aan met hulp! Kosie.