■ Die persone wat die Weyers Memorial UCC-kerk se draadheining weer afgesteel het: ons het gebid vir julle en ook vir die persoon wat dit gekoop het. Ou Koos
■ Ek wil graag die drie tydelike werkers van die De Rust Munisipaliteit (Special Cleaning Service) bedank vir hulle harde werk met die skoonmaak van strate vir ons matriekafskeid 2018. Welgedaan! Hou aan met die goeie werk! MK De Rust
■ Die vorige twee basaars van my kerk was “geseën” met minder as wat “begroot” was, sodat meer van die gemeente gevra moes word. Maar almal wat so hard werk met elke basaar moenie moed verloor nie. Die volgende basaar se “seën” sal genoeg wees. Stef
■ Mense hou deesdae vergaderings op die parkeerterrein by die Queen’s Mall en die karre moet maar draaie om hul ry vir parkeerplek. Dit is nie veilig om met jou rug na aankomende karre te staan en gesels op ’n parkeerterrein nie. Voetgangers moet versigtiger wees.
■ Dankbaar oor die reën wat ons tuine in die droogte aan die lewe hou.