Sms’e van lesers

■ Enigste parkering wat ek vandag kon kry, was voor die Departement van Arbeid se kantore. Ek was so geskok om te sien hoe vieslik dit in die straat lyk. Dit vrot van die urine en ontlasting net daar op die sypaadjie. Wanneer gaan hierdie dinge in ons dorp verander? Lyk my daar word niks aan gedoen nie. Hoogstraat in Noord waar die sakegebied is, word ook nooit gevee nie. Die sakkrappers bemors die straat. Elke dag moet ons daarteen vaskyk. Net die strate in die middedorp word gevee. Moet ons maar tevrede wees om tussen vullis te bly? Die buitelanders wat die gebou hier huur, gooi al hul papiere en kosbakkies en wat ook al net so op die straat neer. Kan nie worry nie! ENGEE

■ Sal so bly wees as rook verbied word by werkplekke en in die publiek. Sien gereeld in die verbyry personeel van ’n skool in die middedorp op die sypaadjie en skoolterrein rook. Soms sommer voor die leerders ook en gedurende werksure. Hoe­veel werksure word gesteel en weet hulle hoe sleg dit lyk as dames met ’n sigaret op straat staan en watter voorbeeld is dit vir die leerders? Nie-roker

■ Waterspaar: Sit in elke wasbak ’n plastiekskotteltjie. Jy gebruik minder water en daardie water kan weer in ’n emmer (met deksel) gegooi word en later in tuin gegooi word.

■ Daar is Sondagnag weer by Weyers Memorial UCC-kerk ingebreek en duisende ran­de se skade is aangerig. God slaap nie. Daar sal ’n oordeel wees. Ou Koos

■ Die raadslede het ’n sittingsfooi eers ontvang. Sonder selfone toelae (R27 000) plus. Salaris dus erg. Bedrag van R1, 4 miljoen se voorrade wat afgeskryf moet word. Oudtshoorn waarnatoe is ons op pad? Help asb. Be­kom­merde inwoner

■ Baie bekommerd oor voetgangers wat nie be­sef hoe gevaarlik dit is om in die pad te loop nie; wat sonder om te kyk oor voetoorgange loop en voor motors oor ’n rooi lig loop in die hoop dat iemand gaan stop. Ons moet ons kinders leer! Hulle stap met oorfone rond en kyk nie uit vir karre nie. Ons moet ons kollegas by die werk leer wat loop en gesels en voor karre inloop! Werkende men­se is van die grootste oortreders in die middedorp.