Sms’e van lesers

■ Gestremde parkerings in Oudtshoorn is inderdaad plekke van wonderwerke. Almal in kar is reeds genees voordat hulle uitklim!

■ Hoekom geskied so min ontwikke­-ling op De Rust en veral Blomnek? Elke jaar kom hou die munisipaliteit begrotingvergaderings, maar niks kom rêrig daarvan nie, of moet mense eers toi-toi om iets reg te kry? Die een belofte is beter as die ander en beloftes maak skuld. Mense kan vir hulleself dink

■ Ek wil hoor hoe die storie werk van pensiona­risafslag by munisipaliteit. Hul gee 6 kl water gratis plus 50 eenhede krag af, maar slaan jou aan met R113,51 vir basies. Na regte kry jy ongeveer R112,76 af vir dit, maar betaal dan R113,51 vir basies. Dit beteken dus dat jy niks afslag kry vir water en krag nie.

■ O nee, die skool wag nie op die ouer se pleidooi as gevra word vir aansoek om die kwydskelding omdat sy ’n enkelouer is nie . Hulle is in apartheids­-jare om jou gou by die prokureur te gaan aangee.

■ Dit is warm. Wonder nou: Is dit somer of is dit winter in die Klein Karoo?

■ Ek het op Saterdag 28 Julie die begrafnis van my skoonma se broer bygewoon in Calitzdorp, net om te hoor dat my skoonouers se krag,wat hulle kontant koop, alreeds vir die maand op R1 350 is, en die maand was nog nie uit nie. Ek pleit weer eens op Oudtshoorn, help, asb, iets groot is hier verkeerd. Die pensioenarisse word uitgebuit of hulle betaal die boer in die Calitzdorp-distrik se krag ook.