Sms’e van lesers

■ Die wat van verwaarlooste, cha­otiese, vuil en korrupte dorpe en pro­vinsies na CG ontvlug, moet hulle swak gedrag agterlaat. Jou motorregistrasie-nommer verraai jou oorsprong.

■ Sondagoggend seweuur was die sakekern se strate en sypaadjies  reeds silwerskoon gemaak. Baie dankie vir almal wat betrokke is –  julle dra nie dasse nie en sit nie heeldag in sinnelose vergaderings en werkswinkels en eet nie, maar inderdaad sleep julle die wa deur die drif. Baie dankie!

■ Water is nog steeds bruin. Hoekom was dit nie in die verlede so nie en hoekom is ander dorpe se bergwater nie ook bruin nie? Tragies hoe gou raak CG inwoners aan 2de beste gewoond. In die land van die blindes is eenoog koning.