Sms’e van lesers: 7 Julie 2022

■ Komplimente aan die Oudtshoorn Noord Wintermark vir puik diens en produkte. Heerlike etes.
– Marthie en Coenraad Pieterse

■ Hoe op aarde is dit moontlik dat daar na ‘n week, nog nie vasgestel kon word wat die oorsaak van die 21 jeugdiges se dood was nie? Is daar dan nie lykskouings gehou nie? – Pieter

■ Wie mors so verskriklik by die ingang na die veld langs Bergsig op Oudtshoorn? Dit is nie ’n Tiep nie. Hoe kan dit gestop word?