■ Kan die sakebedryf en die munisipaliteit op Oudtshoorn ’n agentskap op die been bring wat ons jeug kan help met opleiding vir werk SODAT hulle werkservaring kan opdoen?
■ Kan nie glo munisipaliteit oorweeg straatname nie, maar ons sit met vuil drinkwater. Swak bestuur. Oudtshoorn moet in opstand kom. Ons drinkwater is belangriker as straatname. (Die munisipaliteit het reeds vroeër vanjaar aangedui dat hulle begin het met ’n proses om ’n watersuiweringsaanleg vir die dorp op te rig. Dit is ongelukkig nie ’n vinnige proses nie. Seker prosedures moet gevolg word en finansiering bekom word. – Redakteur)
■ En sowaar draai iemand vanmiddag amper in my motor by die uitgang vanaf Oudtshoorn Spar in Jan van Riebeeckweg. Daar is ’n duidelike bord daar dat niemand mag links draai nie.
■ Ek stem saam met dr Prozesky dat dit laf is om ’n Franse boulevard in ’n Karoodorp te wil invoer.