■ Liewe verkeer en polisie, kan daar regtig nie ’n plan gemaak word met die ongelisensieerde motors wat elke nag ’n renbaan maak van Zebraweg nie? Iemand gaan sterf. Asseblief. Ou Koos
■ Sien dit sukkel maar om van die bos-sies tussen die rose ontslae te raak in Bossie Boulevard.
■ Ek gooi graag my stuiwer in die armbeurs. Ek wonder of Nelson en Winnie ooit hul voete op ons dorp gesit het? Kom ons vereer dan maar liewer die volstruis wat soveel welvaart en be-kendheid na ons dorp gebring het! (Nelson Mandela het Oudtshoorn in 2001 tydens die KKNK besoek. Die KKNK het die dag die Vryheid van Oudtshoorn ontvang en met Madiba as spesiale gas was dit ’n feestelike dag. – Redakteur.)
■ Dit kom so voor dat wanneer jy altyd jou beste vir iemand lewer, jy net met die slegste beloon word en iemand wat eintlik net vra, die beste kry.
■ Aan die munisipaliteit wil ek vra – hoe lank nog voor Victoriastraat se gate geteer gaan word – al twee jaar plus, weet julle? Die deurgang van die skool, weet julle hoe lyk dit? Weet julle hoe lyk dit as swaar vragmotors opry na Metro toe, soos ’n stoforkaan! Selfs fietsryers wat die week hier was, het gekla oor die pad wat so sleg is. Sonja (Die sms is aan die munisipaliteit ge-stuur vir kennisname. Red.)
■ Ek kan dit nie glo dat nie die polisie, of die verkeersowerhede iets geweet het van die straatwedrenne Sondagmiddag op die Welgelukpad. Dit was helder oordag, oop en bloot met ’n skare toeskouers. Hardnekkige gerugte wil dit hê dat die owerhede weet, maar nie wil optree nie. Wonder hoekom?
(Kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, antwoord as volg: Die polisie is in verband met die voorval geskakel, maar geen voertuie is op die pad gevind nie. Die polisie versoek inwoners om kriminele klagtes aanhangig te maak sodat daar opgetree kan word.)
■ Ek wil net graag vir diegene wat so in Gwarriestraat loop en nie daar hoort nie – los ons tuinornamente uit. Ek is ook bewus van iemand wat deur die nag daar loop wat ons tuine besoek.
■ Mnr die burgemeester, daar was nie geld vir die werk aan die gate in die paaie en vir Kersfeesliggies nie. Waar kry jy nou geld om Voortrekkerweg te verander? Vinkel en Koljander, die een is soos die ander. Ouma Bettie.
■ Ek het nou net by die hof verby gery. Sewe SAPD-vangwaens, omtrent 30 poliesielede – net omdat sy ’n ANC-lid is word daar so ’n ophef van haar gemaak. Sy was deel van die komplot, gee haar wat haar toekom. Hoekom die belastingbetalers se geld so mors? As sy skuldig bevind word, moet ons nog vir haar sorg vir die res van haar lewe? So vang slim sy baas. (Ons glo die doel met die groot polisieteenwoordigheid is om orde te handhaaf in ’n emosionele hofsaak met baie groot belangstelling en ’n groot aantal mense wat elke keer die hofsake wil bywoon en buite in die strate moet saamdrom omdat daar nie genoeg plek is die hofsaal is nie. – Red)
■ Mnr die burgemeester, vergeet asseblief van die belaglike idee om straatname te verander. Gebruik eerder die geld om die gemors buite die dorp, op pad na De Rust, skoon te maak – voor die KKNK. JD