Sms’e van lesers

• Baie dankie aan die munisipale werkers wat die boomtakke voor St Tropez-woonstelle in Hoog­straat kom verwyder het. Die persoon aan die stuur het hulle eers met ’n lekker spanspek bederf. Waardeer dit. ENGEE

• Alle militêre veterane, wees asb ge­waar­sku teen ’n brief van ene SG Smit wat veterane groot bedrae geld beloof vir kompensasie en ook vra vir hul bank­besonderhede en ’n posorder van R1000. Dis is ’n “scam”. Moenie reageer nie.

• My lugverkoeler se kompresser het ingegee. Het ’n verslag en kwotasie vir my versekering gegee, en wat sê hulle: Dit was ’n kragonderbre­king en hulle betaal nie. Jekels

• Dit is prysenswaardig om te sien hoe inwoners van die ACVV Aftreeoord ini-sia­tief aan die dag lê om die rommel op die sypaadjies op te tel! Ons waardeer jul dienswerk en die voorbeeld wat julle vir ons stel. Dankbare inwoners

• Mense, wat het geword van trots, stiptelikheid, selfrespek en al hul maats? Om 14:45 word ’n ambulans geskakel om ’n pasiënt in CG op te tel en hospitaal toe te neem. Om 18:45 word hulle weer ge­skakel en kom dadelik. By die pasiënt se huis gaan staan die ambulans. Hulle het nie ’n foon wat werk nie en gebruik die pasiënt se foon om ’n ander ambulans te kry. Toe die tweede ambulans kom, suk­kel hulle om die pasiënt op die bed te kry. Voor hulle uitstap uit die hospitaal vra hulle die eisvorm sodat hulle by die mediese fonds kan eis. Ek gaan dit regtig met my mediese fonds opneem en ek sal hulle nooit weer gebruik nie.

• Graag wil die woonstel-inwoners van Bellinganhof hul dank betuig teenoor Johan Nel wat vir ons uie geskenk het. Ons kan u verseker dat ons baie dankbaar is. Die Here se seën word u toegewens.

• Weet die verkeersdepartement dat die taxi’s die een rybaan wat na die rank gaan, vol parkeer en verkeer nie daar kan inry nie? En weet hulle van die baie onwettige taxi’s wat daagliks vanaf die Spar- parkering mense aanry? Word daar gereeld deur die hoof van die verkeer met taxi-eienaars vergader om ook na hul klagtes en probleme te luister?

• Juffrou polisievrou wat nie jou naam by die wag by SASSA ingeskryf het nie – moenie dink omdat jy in die polisie is, is jy bo die wet verhewe nie. Wonder of jy ooit van Mosselbaai is. Jy kry rusdae om jou sake reg te maak. Ontevrede van Die Lane

• Sien vreeslik uit na die naweek se Relay for Life. Dis altyd ’n hoogtepunt. Dankie aan almal wat help geld insamel het en aan almal wat hard werk om dit te reël. Sien julle Saterdag op die De Jager Sportstadion.