SMS’e van lesers

Raadslid Klasie Windvogel, jy’s ’n yster. Dankie tog. Mr Lewis
*****

Soms kan ek nie help om te wonder of die “wets­toepassers” slegs vir Oudts­hoorn bedoel is nie, want jy sien hul amper nooit in gebiede soos De Rust rondry nie. En in dieselfde asem wonder ek of die strate in Blomnek miskien gaan herstel word hier­die jaar.
*****

Dit is darem jammer dat party ouer mense heeltemal hulle waardigheid verloor… ’n Oom wat voor my en ten aanskoue van Pick n Pay-personeel vier bakkies swart druiwe oopmaak en uit elk ’n paar korrels proe. Ek het nie gesien of hy uiteindelik een gekoop het nie. Eet sommer in die winkel…verniet. Die vermetelheid…
*****

Dis goeie nuus dat Icosa klaarblyklik besig is om in te plof. Mense sien nou dis ’n familieparty.
*****

Hoop Zuma en Donson kry hul dag in die hof soos Gordon April.
*****

Ses polisievangwaens Donderdagaand na ’n toneel in Hoogstraat. Vir wat? Daar was nie ’n brand, ongeluk, moord of inbraak gewees nie. Wonder net waarom so baie voertuie en polisie met verskillende wapens by hulle daar was. Inwoner van Hoogstraat (Daar was ’n voorval en sake is gemaak. – Redakteur)
*****

Daar is seker plekke om met eiers pinball te speel. Hoekom huise se mure bemors? Sulke “kommen” mense hoort nie in ’n beskaafde buurt nie. Bemors jou eie huis as dit te skoon is na jou sin. Die verhuurder dra kennis van die voorval.
*****

Wat het van ons kinders se drome geword? Het die nuwe Suid-Afrika ons as ouers se pligte ook weggevat? Nee, dis ons wat toelaat dat kinders doen wat hulle wil. Kinders was nog kinders toe ons kinders was. Opvoeding begin by die huis. Sterkte vir die onderwys. Ek bid vir julle. Ouma Bettie