Jeffrey Donson en Mugabe het geval. Nou wag ons vir die val van Jacob Zuma.
*****
Komplimente aan mnr Carelse by die Oudtshoorn Munisipale Verkeersdienste! Met meer sulke puik en vriendelike personeel soos jy gaan enige besoek daar net ’n plesier wees – jou kollegas kan maar by jou leer! Dankbare gryskoptannie
*****
Ouma Lenie, ek is bykans 50 en ek het sewe tattoes en gaan beslis nog kry. My body, my money, my choice. Ek moet na my liggaam kyk eendag, nie jy nie.
*****
Ek maak ’n reëling by die munisipaliteit in Augustus 2014 vir agterstallige gelde vir 36 maande. Augusustus 2017 wys die rekening dis klaar. In die laaste jaar en ’n half betaal ek R532 per maand. Krag was drie keer geblok in daardie tyd (ek is op deernis). In September ruk die munisipaliteit die mat onder my voete uit! Die rekening wys ek is R1 500 agterstallig. Daar word toe vir my gesê daardie bedrag was nie in dìe begin by nie. Nou moet ek alweer betaal aan agterstallige skuld. Voorheen het die munisipaliteit inwoners oorgegee aan die prokureurs. Ek betaal al jare by die prokureurs en kry nie klaar nie. Jy kry ook nie ’n rekening nie. Om my verder in ’n wurggreep te plaas stuur die prokureurs my ’n dreigbrief. As ek nie R500 per maand betaal nie, sal daar stappe teen my geneem word. Tref daar ook reëings en kon hulle afbring na R300 per maand. My vrou is in September oorlede en nou is dit net my all pay (ouderdoms). Hoe de hel gaan ek oorleef? Ek gaan die nuwe jaar met ’n swaar hart in.
*****
Mag law enforcement die werk van verkeersmanne doen? Hulle stap in groepe van drie in die dorp rond besig om boetekaartjies uit te skryf.
*****
Ek sit met mnr Sylvester se nuusbrief voor my waarin hy dankie sê vir Oudts-hoorn se inwoners vir hul samewerking hierdie jaar. Hy praat ook van die baie positiewe dinge wat op ons pad gekom het. Op my pad was nog niks positiefs nie. My water is ook ge-“overcharge”. Die lesing tot waar die munisipaliteit my ge-charge het, is nog ver van die lesing op my meter. Mnr Sylvester sê ook die inwoners moet die nuwe jaar met ’n glimlag ingaan. Ek gaan die feesseisoen en nuwejaar sonder ’n glimlag in! Inwoner van Bridgton
*****
Hoera, die beddings in Voortrekkerweg word skoongemaak!