‘Belese individu’

Mark van Wyngaardt (63). Die foto is die dag voor hy oorlede is geneem by die loodsing van die nuwe Oudtshoorn Dogs in Need (ODIN)-projek. Foto: Liesel le Roux

Mark van Wyngaardt (63). Die foto is die dag voor hy oorlede is geneem by die loodsing van die nuwe Oudtshoorn Dogs in Need (ODIN)-projek. Foto: Liesel le Roux

Deur Liesel le Roux
NABYE vriende het Dinsdagmiddag tydens ’n spesiale byeenkoms afskeid geneem van streek­landdros Mark van Wyngaardt (63) wat verlede Woensdagmiddag by sy huis op Oudtshoorn na ’n hartaanval oorlede is.

Van Wyngaardt het die laaste maande goed herstel nadat hy vroeër vanjaar siek geword het. Hy het, nadat hy ’n aantal maande met siekteverlof was, die laaste ruk weer gewerk.

Colleen Smith, ’n vriendin van Van Wyngaardt, het hom bestempel as ’n baie goeie mens, ’n uiters intelligente en belese individu en ’n uitstekende kunstenaar. Sy sê vriende het Dinsdag se geleent­heid gebruik om Van Wyngaardt se lewe te vier.

Hy word deur ’n suster, Anne-Maree van Wyngaardt, oorleef.

• Volgens Oudtshoorn se hooflanddros, Jaco Lambrechts, sal hofsake wat voor Van Wyngaardt gedien het en waarin ’n skuldigbevinding reeds gemaak is, na ’n ander streeklanddros oorgeplaas word vir verdere hantering. Ander hofsake wat voor hom gedien het, sal egter van voor af voor ’n ander streeklanddros dien.