SMS’e van lesers

Skokkend om te sien hoeveel motors nie op stopstrate stop nie en moenie lank op ’n stop staan nie – dan word die mense agter jou ongeduldig.
*****

Ek wil graag die Oudtshoorn Munisipaliteit (law inforcement) wetstoepassingseenheid vir hul goeie diens met rusverstoring-klagtes laataand en vroeë oggendure en opvolg agterna bedank.
Hierdie is ’n bewys dat die munisipaliteit strategies baie uitstekende diens lewer. Graag wil ek vir Darryl Erasmus uitsonder vir sy goeie reaksie en opvolg om ’n probleem op die langtermyn op te los. Laat ons hande vat, want saam kan ons ’n verskil maak. Francois du Plessis – nog nuwe Oudts­hoorniet.
*****

Kan die munisipaliteit asseblief die roosbeddings in Voortrekkerweg skoon en netjies maak?
*****

Al so ’n “pose” gesien? vra Betsie Britz van De Rust wat dié foto van haar hond Pearl  die naweek geneem het. Pearl is haar lewe, vertel Betsie, en dit is maklik om te verstaan!

Al so ’n “pose” gesien? vra Betsie Britz van De Rust wat dié foto van haar hond Pearl die naweek geneem het. Pearl is haar lewe, vertel Betsie, en dit is maklik om te verstaan!