Toe my seun net elf jaar oud was

Deur Tania Smit

Deur Tania Smit

Deur Tania Smit
Ek onthou vanoggend hoe my seun Adi, toe hy net elf jaar oud was, voor my kom sit en sê hy wil graag sy spaargeld gebruik en vir my betaal om op ’n vakansie te gaan – ek moet net kies waarnatoe.

Hy reken toe hy en sy suster Lielie het pas van ’n bootreis af gekom, dat hy sien ek werk baie hard en ook dat hy dink ek rus nie genoeg nie. (Ek het ook die moeilikste jaar in my lewe agter die rug gehad: twee keer getrek, my hart in stukkies in iemand anders se gange opgetel, my boetie be­grawe, en vir ’n paar maande my ouers se harte op my skouers saam met myne rondgedra).

Nadat ek die trane afgevee het en hom lank vasgehou het, het ons twee gesettle op ’n massering (amper soos ’n vakansie vir die ontvanger, maar binne die rojale bracket van ’n elfjarige se groot bederf).

Hy wou self saamry na die afspraak toe en self betaal – hy reken anders voel dit nie vir my soos ’n treat nie.

Daar gekom het hy die dame gegroet, sy kaart uitgehaal, sy pin ingesit, en ek het toegekyk hoe my seun voor my oë in ’n man verander.

In daardie oomblik.

En daardie hart, dis die een wat ek elke dag toevou in goddelike be­sker­ming.

Want Koningskinders het sagte stemme, en sal twee keer staan dat boelies hulle slaan, maar hulle ska­duwees is lank en groot, en hulle gees onwrikbaar.

4 Tania Smit rubriek 16 nov