■ Die president van die PA het baie braaf op Facebook live gesê dat sy party net vir Leon Campher in die posisie van onderburgemeester ondersteun. Waarom is alles nou so stil?
■ Ek verwys na die stelling van ene mnr Quinton Adams, opvoedkundige sielkundige, in die berig Baie vrae oor 7-jarige se verkoolde liggaam in Die Hoorn van 14 April. Adams het die volgende te sê gehad: “ ’n Onbehandelde getraumatiseerde seun se woede hou groot gevaar in.” Dit mag so wees … maar sal jy jouself nie bedink voordat jy ’n seuntjie van sewe doodmaak nie?
Voor jy enige mens doodmaak nie? Skokkend! Daar is mense wat geweldige trauma gehad het en nie moor nie.
■ Ek wonder wat die stadsvaders van Alphen aan den Rijn, Oudtshoorn se tweelingdorp in Nederland, sal sê as hulle in Alphen Rijnstraat moet ry en die gate sien. Miskien moet ons vir hulle foto’s stuur en vra om van hul amptenare te stuur om dit reg te maak.